KARAN

BESTUURDER: BEESAFDELING

HEIDELBERG / GAUTENG

MY KLIЁNT, DIE EIENAAR VAN ‘N TOONAANGEWENDE GROOTSKAALSE MAATSKAPPY MET GEVESTIGDE EENHEDE IN HEIDELBERG & NIGEL, BENODIG TANS ‘N ERVARE AFDELINGSBESTUURDER AS DEEL VAN HULLE DINAMIESE SPAN.

Hierdie is ‘n langtermyn geleentheid vir ‘n verantwoordelike persoon met ‘n passie vir beeste. Die kandidaat sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir voerkraalafdelings/funksies, wat insluit bees en kraalbestuur; voer van diere; asook die instandhouding van infrastruktuur en toerusting.

Die geskikte kandidaat moet goeie menseverhoudinge kan handhaaf, goeie bestuursvaardighede hê, gemotiveerd wees, onder druk, onafhanklik en baie noukeurig kan werk. Hy beskik oor nagenoeg vyf jaar toepaslike ondervinding by ‘n voerkraal, asook ‘n geldige rybewys.

Pligte behels onder meer;

  • Breedvoerige kennis van bees kuddebestuur, siekte beheer & toepassing van medikasie
  • Waardetoevoeging teenoor beeskudde
  • Produktiewe aanwending van personeel
  • Koördinering en implementering van basiese onderhoud en instandhouding

IN RUIL BIED MY KLIЁNT ‘N MARKVERWANTE VERGOEDINGSPAKKET AAN, WAT ONDER MEER BEHUISING; ‘N WERKSVOERTUIG; AFTREEFONDS ASOOK ‘N BONUS STRUKTUUR SAL INSLUIT. DIE TOTALE PAKKET SAL ONDERHANDEL WORD NA GELANG VAN ONDERVINDING EN KWALIFIKASIES. SLEGS KANDIDATE WAT AAN DIE VEREISTES VOLDOEN KAN ‘N VOLLEDIGE CV EN KONTAKBARE VERWYSINGS RIG DEUR AANSOEK TE DOEN BY WWW.AGRIHR.CO.ZA/JOB OPENINGS VOOR OF OP 29 NOVEMBER 2021